Welkom by die tuisblad van

 

Jan H. Langenhoven

 

Hierdie webtuiste is in Maart 2011 geskep om veral genealogiese gegewens te plaas.

Dit word met tussenposes uitgebrei en aangepas.

 

WITSAND Terugreis

Hierdie boek het in 2019 verskyn. Dit beslaan 324 A4-bladsye, gedruk op glanspapier en bevat meer as 600 foto’s. Dit fokus op die ontwikkelingsgeskiedenis van die kusdorpie Witsand by die mond van die Breërivier en volg op Gooi los! (2012) wat die vissermansgeskiedenis van die Witsand beskryf het.  Klik hier om die INHOUDSOPGAWE te sien.

 

Prys:

R360

(mits dit saam met Witsand Terugblik as ’n tweeledige stel in sagteband bestel word.)

 

Indien slegs een van die twee boeke bestel word, is dit slegs in hardeband beskikbaar teen R430 elk.

 

In WITSAND Terugreis word die geskiedenis van hierdie vakansiedorpie geskets vanaf sy ontstaansdatum in 1908. Die twee groot struikelblokke vir dorps­ontwikkeling – oorvloed aan waaisand en tekort aan drinkwater – het dekades lank die inwoners en vakansiegangers hoofbrekens besorg. Baie mense het desnieteenstaande hier kom strand hou, die geriewe het mettertyd verbeter en ’n handjievol mense het permanent hier gevestig en selfs suksesvolle sakeondernemings tot stand gebring.  Die permanente inwoners kom deeglik onder die vergrootglas en die leser kry ’n intieme kykie in die persoonlike lewe van die grondleggers van ons dorpie.  Ook die poskantoor, skool en kerk word bespreek en talle staaltjies vertel. Baie foto’s uit die albums van gesoute ou Witsanders gee ’n wonderlike visuele oorsig oor die romantiese geskiedenis van hierdie mooi plekkie en sy interessante mense.

 

WITSAND Terugblik

Hierdie boek het ook in 2019 verskyn. Dit beslaan ook 324 A4-bladsye, is gedruk op glanspapier en bevat meer as 700 foto’s. Dit beskryf verdere aspekte van die ontwikkelingsgeskiedenis van die kusdorpie Witsand en vul die verhaal wat in Witsand Terugreis (2012) begin het aan. Klik hier om die INHOUDSOPGAWE te sien.

 

Prys:

R360

(mits dit saam met Witsand Terugreis as ’n tweeledige stel in sagteband bestel word.)

 

Indien slegs een van die twee boeke bestel word, is dit slegs in hardeband beskikbaar teen R430 elk.

 

In WITSAND Terugblik word die ontwikkelingsgeskiedenis verder gevoer en die groei van die dorp kom aan die orde.  Aspekte van die Witsandse lewenswyse van jare gelede word bekyk.  Ook die totstandkoming van die Oysterbeds en Lucky Strike hotelle en hul rol in die gemeenskap kry aandag.  En omdat die Witsand knus tussen die geskiedkundige plase Rhenosterfontein en Westfield geleë is en baie nou verbonde aan die historiese hawedorp Port Beaufort, word die invloed van die aristokratiese Van Reenens, Reitze, Moodies en Barrys op die totstandkoming en ontwikkeling van die dorp ondersoek. Talle fassinerende stories en staaltjies word vertel oor grondpaaie, motorhekke, groot vloedwaters, oorlogsvaartuie, stoomskepe en selfs die lank vergete nagkar. 

 

’n Resensie van die boeke het in Rapport verskyn: Klik hier om dit te lees.

 

 

Wat is die verskil tussen Witsand Terugreis en Witsand Terugblik?

 

Alhoewel die twee boeke nie oorvleuel nie en sekerlik selfstandig gelees kan word,  vorm die hulle saam ’n volledige verslag waarin die dorpie Witsand se ontwikkelingspad gevolg word vanaf sy ontstaan en hoe hy later met Port Beaufort verenig het.  Die natuurskoon, die inwoners, die vakansiegangers, die lewenswyse, die ontwikkeling, die huise en geboue, die lief en leed oor meer as ’n eeu, kom aan die orde. Wonderlike stories, aangevul met meer as 1300 foto’s in die twee dele, neem jou op ’n ontdekkingstog en ’n nostalgiese terugreis op die paaie van die verlede.  En so ’n terugblik op ’n dorpie en sy mense bring die romantiek van vergange jare terug, roep kosbare herinneringe op en laat die óú Witsand vir die oningewydes herleef.

 

Hierdie twee boeke is volgepak met feite en staaltjies en dek die hele ontwikkelingsgeskiedenis van die dorpie.  Dit gaan groot plesier verskaf aan elkeen wat ’n plekkie in sy of haar hart vir hierdie allermooiste dorpie en sy omgewing koester.

 

Vir ’n verdere oorsig oor die inhoud van die twee boeke: KLIK HIER VIR MEER INLIGTING

 

Dit is nie oral in die handel verkrygbaar nie, maar slegs by enkele afsetpunte of met posbestelling via die Paxi-diens van Pepstores.

 

PRYSE

Hardebandboeke (koffietafeltipe) kan afsonderlik gekoop word teen R430. 

Die sagteband-weergawes kan slegs as ‘n stel van twee gekoop word (met albei boeke in ’n netjiese bêreboksie):

Teen R360 per boek in ’n sagtebandstel van twee (op glanspapier met honderde foto’s) is dit ’n winskopie.

Elkeen van die twee boeke beslaan meer as 320 bladsye.

Saam bevat hulle meer as 1300 foto’s.

Die stel van twee boeke weeg meer as 2,5 kg.

Dit sluit ’n gedrukte boksie in waarin die boeke gebêre kan word.

 

Die boeke is nie oral in boekwinkels beskikbaar nie,

maar slegs by afsetpunte in die Witsand en Swellendam.

 

AFSETPUNTE

Witsand

Witsand Mark (Wolskuur)

Swellendam

Bokmakiri Boeke (Carlton Mall)

Heidelberg

(Tans geen afsetpunt)

 

 

 

Belangstellendes in die noordelike voorstede van Kaapstad kan ook met Henk Rall per e-pos henkrall@gmaill.com in verbinding tree.  Hy het ’n voorraad boeke beskikbaar, maar dan sal die koper die boeke by sy huis in Durbanville moet gaan haal.

 

POSBESTELLINGS:

Boeke word via die Paxi-stelsel versend en by u naaste Pepstores-tak afgelewer.  Posgeld en verpakking vir een of albei boeke beloop R120.  Die bedrag kan elektronies oorbetaal word in die bankrekening van J.H. Langenhoven by ABSA, Swellendam. Tjekrekeningnommer 1044052039.  Verstrek u naam en van as verwysing en stuur u posadres saam met die kennisgewing van betaling aan jan@langenhoven.net   Versending kan eers plaasvind nadat die betalingsbewys ontvang word.  Laat weet watter Pepstores-tak die naaste aan u is.  Witsand het nie ’n Pepstores-tak nie. Pakkette sal dus slegs een maal elke 7 tot 10 dae vanaf Heidelberg of Swellendam versend word.

 

George John Beatty West - His Ancestors and Descendants

(by Jaco Coetzee) (Gratis PDF, 21 Mb) (NEW)

This is more than a genealogy, it describes the interesting history of this family in South Africa and is full of fascinating anecdotes.  The Irish immigrant George John Beatty West came to South Africa in 1848 after marrying his first wife the previous year in Dublin.  Their first child was born on the voyage.  The young family settled in the Cape Colony.  The first few chapters of the book give an overview of some of the Irish ancestors of George John Beatty West.  The focus then falls on his descendants from his two marriages with Mary Jane Gannon and Lenie van As.  The author invites relatives of this family to send him additional information and photographs with a view of improving and extending the manuscript.  Contact details are inside the book.

 

SNYMAN-boek (Gratis PDF, sowat 15 Mb)

’n Genealogie van ’n tak van die Snyman-familie het in Desember 2020 verskyn, getiteld Die nageslag van Naas en Maria Snyman van The Oaks. Dit is slegs beskikbaar in elektroniese formaat. ’n PDF-dokument (76 bladsye) (96 dpi) in dubbelbladsy-formaat (“spreads”), waar jy twee bladsye op een slag kan sien soos ’n boek wat voor jou oop lê, wat geskik is vir selfone, tablet- en skootrekenaars kan hier afgelaai word. Klik op die onderstreepte teks.

 

As jy presies dieselfde dokument in enkelbladsy-formaat (96 dpi) verkies waar jy slegs enkelbladsye op een slag kan sien, klik dan op die onderstreepte teks.

    Hierdie Snymans is ’n Voortrekker-familie wat op die plaas The Oaks in die Biggarsberg in Natal gevestig het.  Die boekie bevat die nageslag van die seuns sowel as die dogters van die takouers en is geïllustreer met foto’s van baie van die afstammelinge.

 

 

 

Pieter Matthys FOURIE (1827-1898) ’n Register van sy nasate

Hierdie boekie van 58 bladsye handel oor ’n klein tak van die Fourie-familie uit die Swellendamdistrik. Die vader van hierdie tak is b9c4d5e6 Pieter Matthys FOURIE *5.8.1827.  Hy was getroud met Maria Elizabeth KEMP.  Hierdie boekie fokus op sy vier seuns wat almal in die omgewing van Swellendam gebore is: f1 Philippus Coenraad Johannes *28.3.1854 x Anna SWART; f2 Matthys Johannes * 29.5.1856 x Susanna Dorothea SWART; f3 Pieter Matthys Johannes Jacobus *ca. Jan. 1858 x Zacharya Gertruida KEMP xx Cornelia Maria KRIEL; f4 Gerhardus Johannes Jacobus *6.8.1864 x Cornelia Frederika KRIEL. ’n Aantal kopieë is nog beskikbaar teen R40 elk. Skryf aan jan @ langenhoven . net (sonder spasies).

 

Die Van Zyls van die Hermitage (Voorlopige Verslag 2014 Feb)  (Gratis PDF)

In hierdie verslag oor die Van Zyl-familie wie se wortels in die Hermitage by Swellendam gevind word, ontbreek daar nog inligting.  Familie word versoek om aanvullende gegewens soos in die teks aangetoon is, aan te stuur.  Die opsteller beoog om later die finale manuskrip met soveel as moontlik familiefoto’s en uitgebreide historiese inligting oor die Hermitage te publiseer.

 

Die Familie Langenhoven (40 Jaar Gedenkuitgawe, Gratis PDF, sowat 3 Mb) is ’n familieregister van die Langenhovens wat aanvanklik in 1982 gepubliseer is. Nou, in 2022, het 40 jaar verloop sedert die boekie gepubliseer is. Intussen is ’n hele nuwe geslag by die familie gevoeg wat graag ook ’n afdruk daarvan wil hê. Dit skep sommer ook die geleentheid om die register by te werk en uit te brei. Hiermee word die jongste bygewerkte weergawe van die Langenhoven-genealogie gratis aan belangstellendes beskikbaar gestel: Hierdie genealogie bevat al die gegewens wat in 1982 in die boekie met dieselfde naam gepubliseer is. Daar is reeds heelwat byvoegings gemaak. Familie word genooi om verdere inligting aan te stuur.

 

Die Langenhovens van Diamant (Klik om inhoudsopgawe in PDF te sien)

Die familiegeskiedenis van die Swellendamse Langenhovens het in November 2013 verskyn met die titel: Die Langenhovens van Diamant. Dit is ’n sagtebandboek met 225 bladsye (A4-grootte) met meer as 440 foto’s waarvan sowat 170 in kleur.  Dit beskryf die lewensgeskiedenis van b5c12 Hendrik Petrus Johannes Langenhoven (geb. 1860) en van sy kinders: Lisa, Jannie, Hennie, Hansie, Chrissie en Pieter.  Daar is ook kort lewensketse van sy kleinkinders.  ’n Beperkte oplaag is gedruk.  Die inhoudsopgawe van die boek kan hier gelees word.  [Nie meer in druk nie]

 

 

 

Kritzinger Kroniek

Hierdie familiegeskiedenis handel oor die skrywer se grootouers, oom Willie en tant Sannie Kritzinger. Tant Sannie was ’n nooi Cronjé. Hulle voorgeslagte word kortliks bespreek en hulle eie lewensloop word daarna in besonderhede beskryf. Gesinsfoto’s wat hulle hele lewe dek, is by familie gekopieer en by die boek ingesluit om ’n uitgebreide familiealbum te vorm. Klik hier om die inhoudsopgawe te sien.   [Nie meer in druk nie.]

 

Die Cronjés van die Biggarsberg

Hierdie genealogie is in 1988 gepubliseer.  Dit bevat inligting oor die nasate van Abraham Marthinus en Pieter Christiaan Cronjé.  Dit verteenwoordig die meeste Cronjés van Natal.  Klik op die skakel (onderstreepte titel) om die inhoudsopgawe te sien.  [Nie meer in druk nie.]

 

Die afstammelinge van Willem Hendrik Boshoff Kritzinger (Gratis PDF)

Hierdie genealogie is opgestel deur Willem en Martie Kritzinger van Pretoria.  Dit bevat inligting oor die afstammelinge van Willem Hendrik Boshoff Kritzinger (1856 - 1929).  Familie word genooi om verdere inligting aan te stuur.

 

Die Eickers van Angora Hill (deur Gina Eicker) (Gratis PDF) (ongeveer 2 Mb)

Die herkoms en genealogie van hierdie klein Afrikaanse familie word hierin uiteengesit met ’n paar pragtige familiefoto’s.

 

GOOI LOS!   Die vissermanne van Witsand en Port Beaufort

Gooi Los!n Koffietafelboek oor die vissermanne van Witsand en Port Beaufort is op Oukersdag 2011 in Witsand bekendgestel.  Die geskiedenis van die kommersiële visbedryf en die sporthengelaars van Witsand en Port Beaufort, die tweelingdorpie aan die Breëriviermond, word hierin in groot besonderhede vertel. [Nie meer in druk nie.]

 

 

 

’n Resensie van die boek het in Die Burger verskyn: Klik hier om dit te lees.

 

 

Korrespondensie:

Jan Langenhoven, Posbus 71, WITSAND  6666

Of per e-pos aan:

 

jan (by) langenhoven.net