Welkom by die tuisblad van

 

Jan H. Langenhoven

 

Hierdie webtuiste is in Maart 2011 geskep om veral genealogiese gegewens te plaas.

Dit sal mettertyd uitgebrei en aangepas word.

 

Die Langenhoven-familieregister is reeds sowat 30 jaar gelede gepubliseer en intussen is ’n hele nuwe geslag by die familie gevoeg wat graag ook ’n afdruk van die boekie, Die Familie Langenhoven, wil hê.  Dit het nou ook tyd geword om die register by te werk en uit te brei.  Hiermee word die Langenhoven-genealogie van 1982 gratis aan belangstellendes beskikbaar gestel.

 

Die Familie Langenhoven (Nou in PDF-formaat, ongeveer 1 Mb)

Hierdie genealogie bevat al die gegewens wat in 1982 in die boekie met dieselfde naam gepubliseer is.  Daar is reeds enkele regstellings en byvoegings gemaak.  Familie word genooi om verdere inligting aan te stuur.  Besonderhede oor die inligting wat gesoek word, word hier onder gegee.  Hou die webtuiste dop vir nuwe inligting.

 

Die afstammelinge van Willem Hendrik Boshoff Kritzinger

Hierdie genealogie is opgestel deur Willem en Martie Kritzinger van Pretoria.  Dit bevat inligting oor die afstammelinge van Willem Hendrik Boshoff Kritzinger (1856 - 1929).  Familie word genooi om verdere inligting aan te stuur.

 

Die Cronjés van die Biggarsberg

Hierdie genealogie is in 1988 gepubliseer.  Dit bevat inligting oor die nasate van Abraham Marthinus en Pieter Christiaan Cronjé.  Dit verteenwoordig die meeste Cronjés van Natal.  n Aantal van die boeke is nog beskikbaar vir familie.  Klik op die skakel vir meer besonderhede.

 

GOOI LOS!   Die vissermanne van Witsand en Port Beaufort

Gooi Los!n Koffietafelboek oor die vissermanne van Witsand en Port Beaufort is op Oukersdag 2011 in Witsand bekendgestel.  Dit is nou in winkels in die Suid-Kaap beskikbaar en kan ook per pos bestel word.  Die geskiedenis van die kommersiële visbedryf en die sporthengelaars van Witsand en Port Beaufort, die tweelingdorpie aan die Breëriviermond, word hierin in groot besonderhede vertel.  Klik opskrif vir meer inligting.

 

 

Skryf aan:

Jan Langenhoven, Posbus 71, WITSAND  6666

Of per e-pos aan: